zaterdag 16 augustus 2014

I.D. Du Plessis -- De profundis

= = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = =


* wikipedia
* dbnl









De Profundis

I

Met loodswaar voete kruip die nag verby.
Dof soos 'n dodeklok slaan elke uur
Wat so onwillig deur die hede gly.
Vergeefs om in die duisternis te tuur!
Vir dié wat onderneem het om te stry,
Verskyn geen letters op die donker muur;
Om stil te werk en stiller nog te ly,
Is al wat ek durf vra in hierdie uur.

Vir ons die voorreg om te swoeg en buk;
Vir ons die lewenslas en struikelgang.
Vermetele wat na nog meer verlang,
Vergeefs strek jy die hande om te pluk,
Want onbereikbaar aan die takke hang
Die blanke vrugte van ons sielsgeluk.


II

Wanneer ons, uit dié afgrond teruggekeer,
Waar ideale in die mis verdwyn
En rooitong vlamme van die hartstog skryn,
Ons hande strek na wat die kwade weer:
Die hulp van vriende wat ons heil begeer
En, sterker in die stryd as ons, die wyn
Van medelye giet deur samesyn,
Laat dit 'n troos wees: ons het ook probeer.

Die lug weergalm van stemme wat ons roep
Om, struikelend, tot die einde toe te stry;
Al word die offerbloed vergeefs gepleng
Om met die trane van berou te meng.
Geen misdaad wat hier onvergeeflik bly
Behalwe as ons weier om te stry.


I.D. Du Plessis (1900-1981)





* De Profundis (‘vanuit de diepten’): 1, 2



• Speel het gedichtenspel

= = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = =
Abonnees van Laurens Jz. Coster ontvangen iedere dag een gedicht per mail.
Aan- en afmelden: http://high5.nl/minimalist/?l=laurensjzcoster

Geen opmerkingen:

Een reactie posten